Local news
Die tenoor, Pierre van der Westhuizen bekoor Suikerbos Aftreeoord iwoners met sang
Geen moeite word ontsien om gereeld vir die inwoners van die Suikerbos Aftreeoord vermaak aan te bied nie.
Suikerbos Aftreeoord het op 21 September lewendig geword toe die tenoor Pierre van der Westhuizen die oord besoek het.
Die inwoners is bederf met sy kenmerkende musiekstyl tydens sy vertoning.
Marlene Walkden van die Suikerbos Aftreeoord het almal hartlik verwelkom, waarna Van der Westhuizen oorgeneem het en verseker het dat die bejaardes ’n aangename tyd beleef.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



