Local news

Bekende Heidelberger en boer Dawie Jansen van Vuuren sterf op 87

Dawie Jansen van Vuuren was vir meer as vyf dekades ’n pilaar in Heidelberg se kerk- en gemeenskapslewe.

Dawie Jansen van Vuuren (87), ’n bekende Heidelberger en boer, is op 27 September oorlede.

Hy is op 14 Maart 1938 in Heidelberg gebore en was sy hele lewe lank nou verbind aan die gemeenskap.

Dawie het sy lewe op die plaas Elandsfontein deurgebring, waar reeds vier geslagte van die Jansen van Vuuren-familie geboer het – van sy oupa tot by sy kleinseuns.

In sy jonger jare was hy ’n atleet by Laer Volkskool, en van sy prestasies en foto’s is steeds in die onlangse gedenkalbum opgeneem.

Hy het ook ’n groot bydrae gelewer tot die oprigting van Hoër Volkskool se swembad en later die atletiekvelde.

Vir meer as 55 jaar het Dawie ononderbroke as ouderling op die kerkraad van die Nederduitse Hervormde Kerk gedien en was tot en met sy afsterwe steeds aktief betrokke.

Hy het ook byna 40 jaar lank op die dagbestuur van die Suikerbos Geloftefees gedien, waar hy ’n sleutelrol gespeel het in die oprigting van die nuwe feeshuis en ander fasiliteite.

Dawie word onthou as ’n geliefde lid van die gemeenskap, iemand wat sy merk gelaat het en ’n vaste voorbeeld was vir sy gesin en almal wat hom geken het.

Met sy afsterwe laat hy sy vrou Anna agter, saam met sy seun Louwtjie en skoondogter Anneke; sy kleinseuns Dawie en JP; sy dogter Mariaan en skoonseun Eugene Kruger; sy kleindogter Adriana Erasmus en Henrie Greeff; asook sy agterkleinkind Hendrikus.

Sy gedenkdiens word op 8 Oktober gehou op die plaas Elandsfontein om 10:30 behartig deur ds Jaco Vogel.

Om 12:00 volg die diens in die Nederduitse Hervormde Kerk, Heidelberg, en word gelei deur ds Rocher en ds Roberts, jarelange predikantsvriende.

Ná die diens word verversings in die Van Belkum-saal bedien, waar vriende en familie mekaar kan groet.

Die familie het hul dank uitgespreek vir elke oproep, besoek en goeie wense gedurende hierdie moeilike tyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button