Local news

Spesiale feesvieringe in die pyplyn vir Balfour Gekombineerde Skool se 70ste bestaansjaar

Gekombineerde Skool, Balfour staan aan die vooraand van ’n besondere mylpaal wanneer die skool in 2026 sy 70ste bestaansjaar vier.

Met 2026 om die draai, maak Gekombineerde Skool Balfour reeds reg om die skool se 70ste bestaansjaar te vier.

’n Groot makietie word op 28 Februarie aangebied om die vieringe af te skop.

Die skool nooi alle oud-leerders en personeel om deel van die besonderse mylpaal te wees.

Die Bali-Fees vorm deel van die dag se hoogtepunte en beloof om die vieringe besonders opwindend te maak.

Stories, boodskappe en foto’s sal met almal gedeel word sodat herinneringe geskep en goeie tye gevier kan word.

Persone wat meer inligting wil bekom, kan Judith Sides by 076 415 6604 kontak of per e-pos by judithsartists@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button