Local news

Nuwe skooljaar begin vir Graad Een-leerders by Laerskool AG Visser

Die klok het gelui en ’n nuwe skoolreis het begin vir Laerskool AG Visser se jongste leerders.

Laerskool AG Visser se Graad Een-leerders is gereed vir die nuwe skooljaar.

Met die aanbreek van die jaar het die leerders op 14 Januarie vol opgewondenheid hul eerste skooldag aangepak.
Gesiggies was vol glimlagte, terwyl enkele leerders ook ’n traan of twee gestort het toe die klok vir die eerste keer gelui het en hulle hul klaskamers vir die jaar betree het.

Volgens die tradisie van Laerskool AG Visser het die Graad Een-leerders reeds op 13 Januarie elkeen die klok voor die saal vir die eerste keer gelui. Die volgende keer wat hulle dié klok sal lui, is wanneer hulle Graad Sewe voltooi.

Met die aanvang van die skooljaar het die buitemuurse aktiwiteite reeds volle aandag geniet, met die skool se eerste atletiekbyeenkoms wat op 22 Januarie gaan plaasvind.

Bokang Dakile en Philile Nhlapo het breed geglimlag en kon nie wag vir die klok om te lui nie. PHOTO: Eugene Viljoen
Sherani Van Heerden en haar nuwe groep leerders is reg vir die skooljaar. PHOTO: Eugene Viljoen
Vissie leerders en ouers wag vir die klok om te lui om die eerste skool dag aan te kondig. PHOTO: Eugene Viljoen
Die boeties, Reghard (Gr R) en Juan-Luc du Toit (Graad Vier) is reg vir die nuwe skooljaar. PHOTO: Eugene Viljoen
Die nuwelinge is gou tuisgemaak in die klaskamers. PHOTO: Eugene Viljoen
Suzette Du Toit ensommige van die nuwe Graad Een leerders. PHOTO: Eugene Viljoen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button