Local news

Nasionale Melktertdag: Heidelberg kroon sy eie melktertkoningin

Solidariteit Helpende Hand en ATKV Heidelberg het saamgespan om die dorp se beste melktertbakster te kroon.

Met die oog op Nasionale Melktertdag (27 Februarie) het Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak saam met ATKV Heidelberg hande gevat om die dorp se eie melktertkoningin aan te wys.

Die uitnodiging was oop vir alle melktertbakkers en aspirantbakkers om hul gunstelingresep in te skryf.

Inskrywings kon enige variasie van melktert wees, mits dit self gebak is – wat dan ook die hoofreël van die kompetisie was.

Ria van den Berg was seremoniemeester tydens die geleentheid. PHOTO: Eugene Viljoen

Op 21 Februarie het talle bakkers opgedaag, elk met ’n smaaklike melktert in die hand wat deur beoordelaars én die gemeenskap geproe kon word.

Die tafels was van vroeg af gepak met interessante variasies, waaronder mini-melktertjies, melktert-kaaskoek en natuurlik ook tradisionele melkterte.

Die drie top melktertbaksters is Susan Lochen, Kobie Kansen en Jenny Labuschagne. PHOTO: Eugene Viljoen

Die beoordelaars het behoorlik kop gekrap om die wenners aan te wys, aangesien die standaard besonder hoog was.

Na deeglike oorweging is die titel van 2026 se melktertkoningin aan Kobie Jansen toegeken. Jenny Labuschagne het die tweede plek behaal, terwyl Susan Lochem met die derde plek weggestap het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button