Wie steel die kollig as oulikste Valentynspaar?
Tiener Valentynspaartjie kompetisie van stapel gestuur.
Die maand van liefde het gekom en gegaan en dit is oral op verskillende wyses gevier.
Die Hoër Volkskool John Vorster en ander skole het Valentynsdanse aangebied, en die sale was gevul met pragrokke, stylvolle pakke en stralende glimlagte.
Nou is dit tyd om te besluit watter paartjie die oulikste van almal was.
Die Heidelberg-tak van die ATKV, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, nooi alle hoërskoolleerders in die omgewing uit om deel te neem aan ’n spesiale Valentynskompetisie vir die Oulikste Valentynspaartjie 2026.
“As julle dink júlle het harte laat smelt en almal laat glimlag, wil ons van julle hoor,” het die organiseerder, Sandra Taljaard, gesê.
Hoe om deel te neem:
• Stuur ’n duidelike foto van die Valentynspaartjie per WhatsApp na 071 637 0412.
• Sluit julle name, vanne, skool en kontakbesonderhede in.
• Die sluitingsdatum is 21 Maart.
“Moenie hierdie kans misloop om julle spesiale aand en die liefde te vier nie. Ons sien uit daarna om al die pragtige foto’s te ontvang,” het Taljaard gesê.
Vir verdere inligting, kontak Sandra Taljaard by 082 888 2731.



