HEIDELBERG
• 14 Maart:
Die Suikerbos Aftreeoord bied ‘n langarm dans aan. Die toegang vir inwoners en lede beloop R50 en vir nie-lede R80. Neem jou piekniek manddjie en iets te drink saam en geniet die aand met die Suikerbos Orkes. Besprekings kan by die kantoor gedoen word of skakel vir Pieter Griffen by 072 732 9025.
ALGEMEEN
• Die Plaashuiswinkel in Begemansstraat 40 hou elke Saterdag van 08:00 tot 13:00 ’n rommelmark. Slegs tweedehandse goed word verkoop en geen bespreking is nodig nie. Kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420.
• Heidelberg Meander vind plaas elke eerste Saterdag van die maand van 08:00 tot 14:00 en sluit in kuns in die park by die Erfenismuseum, motorhutverkope en markdag by die Plaashuiswinkel, erfenistoere en die Painted Drums-buiteluggalery. Vir meer inligting, kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420. Om ’n Heidelberg-erfenistoer te bespreek, kontak Tony Burisch by 072 460 9663.
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaakgroepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp-groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5 km-roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebook-blad.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 09:40 ’n Bingo-oggend vir die afgetredenes. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 14:00 ’n “Bly kalm, ons gaan nou brei en hekel”-middag in die saal. Bring eie wol en penne en kom kuier saam. Almal is welkom.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ’n pannekoekfondsinsamelingsdag. Indien iemand wil help, kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Woensdagoggend om 09:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
NIGEL
GENERAL
The Nigel Bridge Group meets every Monday from 09:00 to 13:00 at the Nigel Catholic Church hall, offering locals and residents from surrounding towns the opportunity to enjoy a friendly and stimulating game of bridge.
New members are always welcome. For more information, contact Sylvia Gallichan via WhatsApp on 063 686 5430 or 082 756 3223.
The Springs/Nigel WESSA branch and Friends of Marievale Nature Reserve meet every second Saturday of the month at 09:00 at the conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333, or email friendsofmarievale@gmail.com
• The Nigel SPCA has expanded its charity shop. They sell a variety of items and invite everyone to browse through all the great goodies and clothing. The shop is at 1 Spaarwater Road, Nigel. Contact Angela Morris at 084 485 7020 for more information.
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na thelma@caxton.co.za



