Paartjies se liefde beloon
Die Heidelberg-takke van die ATKV en Solidariteit Helpende Hand het gedurende Februarie hul Valentynskompetisie aangebied.
Die Valentynskompetisie, wat gedurende Februarie deur die Heidelberg-takke van die ATKV en Solidariteit Helpende Hand aangebied is, het groot opwinding veroorsaak en vele inskrywings gelok.
Die enigste vereiste was dat ’n foto ingestuur moes word van ’n paartjie in die Heidelberg- en Nigel-omgewing.
Drie beoordelaars het daarna elk hul drie gunstelinge gekies.
’n Aparte beoordelaar het uiteindelik die algehele wenner en tweede plek aangekondig.
Die eerste plek is toegeken aan Ferdi en Alta Badenhorst van Nigel. Die pryse wat hulle gewen het, was:
’n ATKV Buffelspoort Mid-Week wegbreek, ’n romantiese ete by Club Heidelberg,’n masseringsessie by Kara @ Skin Excellence, ‘n manikuur en pedikuur vir beide by Salon U’Nique, en haarversorging by Yolandi Hairstylist.
Kort op hul hakke was Morne en Surita Strydom.

Hulle pryse het ingesluit:
’n Koffie-afspraak en ’n geskenkpak ter waarde van R300 by Appelliefie asook twee kaartjies vir ’n kaas- en wyn-netwerkgeleentheid van Helpende Hand Heidelberg.
Organiseerder Sandra Taljaard het almal wat ingeskryf het, asook die borge bedank en die kompetisie as ’n sukses beskryf.



