Balfour hengelaars vang 80kg vis by Vaaldam
Daar was baie vis gevang by die Draaifontein-oord tydens Maartmaand se hengelkompetisie.
Die Balfour Hengelklub het op 7 Maart tydens hul maandelikse kompetisie by die Draaifontein-oord teen die Vaaldam 136 vis teen ‘n gewig van 80.809kg ingetrek.
Die oorgrote meerderheid is deur die Kriel gesin ingetrek, wat vir elke lid ‘n wen in hul afdeling besorg het.
Bennie Kriel het 32 vis met ‘n gewig van 10.25kg ingetrek in die senior afdeling, met Theunis Botha tweede (14 vis teen 7.59kg) en Lukas Stolz derde (11 vis teen 6.57kg).

FOTO: Lukas Stolz
Ingrid Kriel het in die vroue-afdeling gewen met 11 vis teen 6.69kg, terwyl Deidre Nel en Riette Dercksen elk twee vis gevang het. Deidre se vis was 2.92kg, en Riette s’n 1.86kg.
Kallie Kriel het eerste plek behaal in die junior afdeling met nege vis teen 4.05kg, terwyl Stiaan van Rooyen sewe gevang het teen 3.9kg. Daar was geen ander junior hengelaars nie.

Die volgende kompetisie vind plaas by die Ardenza oord te Vaaldam op 4 en 5 April.
Vir meer inligting of om by die klub aan te sluit, kan Bennie Kriel by 079 888 6052 gekontak word.



