Local news

Winter veldtog mik om Rensburg kinders warm te hou

Die Klere en komberse gaan direk aan behoeftige kinders oorhandig word aan die begin van die winter.

Die Rensburg Forum behartig ‘n belangrike gemeenskapsprojek. Hulle “winter drive” projek is om klere en komberse vir behoeftige kinders in die buurt in te samel.

“Deur ons winter drive samel ons warm klere en komberse in vir kinders van alle ouderdomme, om hulle te help om warm te bly gedurende die kouer maande,” sê Annicka Smalberger, een van die bestuurders van Rensburg Forum.

“Ons doel is om te verseker dat geen kind in ons gemeenskap die winter hoef te trotseer sonder behoorlike beskerming teen die koue nie. Ons nooi gemeenskapslede en plaaslike besighede uit om met ons saam te werk deur middel van skenkings of ondersteuning.

“Elke bydrae help ons om ‘n betekenisvolle verskil te maak in elke klein lyfie se lewe,” sê sy verder.

Die klere en komberse word individueel aan elke behoeftige kind oorhandig, en die eerste week van Mei is die mikpunt vir die uitdeel van die pakkies.

Die afsnydatum vir skenkings is 27 April, om toe te laat dat alles gewas en in pakkies opgemaak kan word.
Skenkings kan by Annicka, of haar mede-bestuurslid Danika Schoeman afgelaai word.

Om uit te vind waar, kontak Annicka op 081 599 5400, of Danika op 067 719 3832.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button