Local news

Suikerbosoord bied profetiese kunsoggend in Heidelberg aan

Die oggend van kuns vereis geen ervaring of talent, en sluit eet en drinkgoed in.

Die Suikerbosoord nooi die gemeenskap uit na ’n unieke en inspirerende kunsoggend op 10 April, waar kreatiwiteit en geloof hande vat in ’n ontspanne atmosfeer.

Die geleentheid vind vanaf 10:00 in die saal plaas en sluit koek, tee, koffie en kunsgereedskap in. Die koste beloop R200 per persoon en die oggend word deur Annette Abbott aangebied.

Geen kunservaring of spesiale talent is nodig om deel te neem nie, aangesien die fokus val op die ervaring eerder as tegniese vaardigheid.

“Profetiese kuns is ’n vorm van geestelike uitdrukking waar kunstenaars Goddelike inspirasie, dikwels deur die Heilige Gees, gebruik om kunswerke te skep wat boodskappe van God oordra,” sê Annette.

“Dit fokus op die oordra van Bybelse waarhede, bemoediging, troos en genesing, eerder as slegs estetiese waarde. Hierdie kuns dien as ’n visuele boodskap of selfs ’n preek,” verduidelik sy.

Betaling kan op die dag geskied of vooraf per EFT gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button