Local newsLocal sport

Plaaslike danser ryg toekennings in by internasionale kompetisie

Die jong danser het het nie net verskeie eerste plekke verower nie, maar ook as ’n algehele senior wenner uitgestaan.

Kaylee de Bruyne, ’n danser van Zoë Dance Studio, was deel van die Suid-Afrikaanse span wat gekwalifiseer het om aan die Galaxy of the Ocean-internasionale kompetisie aan boord die MSC Opera-passasiersboot deel te neem.

Die kompetisie het van 16 tot 20 Maart plaasgevind.

Dié talentvolle danser het die beoordelaars behoorlik beïndruk en uitstekende welslae behaal.

Dit sluit die volgende in:

In die afdelings acrobatics, ballet, contemporary en jazz het sy eerste plekke in al vier behaal.

Haar sukses het voortgeduur, en by die prysuitdeling is sy aangewys as die senior algehele trofeewenner vir ballet, acrobatics, contemporary en jazz.

Sy is ook gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat in 2027 aan die World Dance Disney World-kompetisie gaan deelneem.

Kaylee de Bruyne het met arms vol toekennings terug gekeer huis toe. Foto: Verskaf

Verder het sy haar internasionale federasieklere ontvang, ’n besondere eer en bewys van haar harde werk en toewyding.

“Ons by Zoë Dance Studio is besonder trots op Kaylee vir haar uitstaande internasionale prestasies by die Galaxy of the Ocean-kompetisie,” het Letisha Nel, eienaar van Zoë Dance Studio, gesê.

“Haar indrukwekkende resultate en senior algehele titels weerspieël haar toewyding, deursettingsvermoë en liefde vir dans. Sy het haarself en ons ateljee met groot trots op die internasionale verhoog verteenwoordig,” het Letisha bygevoeg.

Kaylee is ’n Graad 10-leerder aan Hoërskool John Vorster.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button