Local news

Appelliefie Winkel se jaarlikse kombersprojek begunstig Suikerbosoord

Enige gebreide of gehekelde komberse is welkom, en gaan ten gunste van die bejaarde inwoners van Suikerbos Aftreeoord gebruik word.

Die Appelliefie Winkel in Heidelberg samel weer gebreide en gehekelde komberse in vir die winter, vanjaar ten bate van inwoners van die Suikerbos Aftreeoord.

“Die winter is om die draai; die perfekte tyd om ’n bietjie warmte te deel,” sê die winkel se eienaar, Jenny Labuschagne.

“Ons het dit voorheen vir skole gedoen en al die skole in die dorp ondersteun. Daarom het ek besluit om vanjaar eerder die bejaardes te help. By die ouetehuis, veral in die Alzheimerseenheid, beteken ’n warm kombers regtig baie vir iemand wat dit nodig het,” verduidelik sy.

Enige gebreide of gehekelde komberse,van kniekomberse tot dubbelbedgrootte, kan by die winkel te Maraisstraat 60 afgelaai word, voor of op 30 Mei. Op die dag self moet skenkings voor 11:00 ingehandig word.

Die komberse sal na verwagting op 3 Junie by die oord uitgedeel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button