Local news

Nominasies vir Heidelberg se Klop-op-die-skouer-aand word steeds ontvang

Die publiek kan hul helde nomineer, en die top 15 word gekies om tydens die geleentheid erkenning te ontvang.

Die Heidelberg-takke van die ATKV, Solidariteit Helpende Hand en die Rensburg-tak van die VLU se Klop-op-die-skouer-aand om gemeenskapshelde te vereer, is volstoom aan die gang.

Die geleentheid is vir enige lid van die gemeenskap wat ‘n verskil maak. Die publiek kan hul helde nomineer, en die top 15 word gekies om tydens die geleentheid erkenning te ontvang.

Hierdie eer is bedoel vir diegene wat stilletjies agter die skerms werk om ander te help; nie vir eer soek nie, maar wat dit beslis verdien.

Nardus van der Vyver. FOTO: Verskaf.

Die gemeenskap is genooi om nominasies in te stuur, soos in ‘n vorige artikel in die Heraut van 19 Maart: “Heidelberg organiseer Klop-op-die-skouer-aand om gemeenskapshelde te eer”.

Alhoewel nominasies steeds oop is, is daar reeds verskeie ontvang, en organiseerder Sandra Taljaard wil hulle in die kollig plaas.

Nicolene Neveling, een van vier direkteure by die Heidelberg Hope-organisasie, verantwoordelik vir welwillendheid en die omgee-departement, is een van die genomineerdes.

Nicolene Neveling. FOTO: Verskaf

Haar departement fokus hoofsaaklik op die ondersteuning van families, kinders, pensioenarisse en ander kwesbare individue in nood.

“Bynewens my rol in welwillendheid en omgee is ek betrokke by bemarking, administrasie en finansiële sake, en ek sit hand by met verskeie projekte en vergaderings,” sê Nicolene.

Nellie Rossouw, ontvangsdame by Hoër Volkskool sedert 1995, is genoem as die hartklop van die skool, en is betrokke by talle skoolprojekte.

Nellie Rossouw. FOTO: Verskaf

Nog ‘n genomineerde is Nardus van der Vyver, departementshoof van Handelsvakke by Hoër Volkskool. Benewens sy hoofrolle, bied hy self besigheidstudies en rekeningkunde aan om toekomstige entrepreneurs voor te berei.

Dawie de Villiers is ook genomineer. Hy is bekend in die dorp as die kommandoleier van die Suikerbos Voortrekkerkommando, waar hy die jeug lei en oor die geskiedenis van die Afrikaanse kultuur onderrig.

Die Heidelberg Hope-span het, net soos Hoër Volkskool, ‘n tweede nominasie ontvang, naamlik Johann Moolman, die opsigter van die span.

Johann Moolman. FOTO: Verskaf

“Ons is verantwoordelik vir die onderhoud, skoonheid en netheid van die dorp,” sê hy. “Ons werk sluit in paaie regmaak, asblikke leegmaak, sypaadjies skoon hou en publieke tuine netjies hou.”

As jy iemand ken wat volgens jou nie genoeg erkenning kry vir hul diens aan die gemeenskap nie, nomineer hulle.

Stuur die volgende inligting na Sandra Taljaard by 082 888 2731:

• Volle naam van die genomineerde

• ‘n Kort motivering waarom die persoon genomineer word

• ‘n Foto van die persoon

• Telefoonnommer en e-posadres van die persoon

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button