Local news

VLU Rensburg tak vier 53 jaar van samesyn

Die vroue het die tak se verjaarsdag gevier met lekkernye, ballonne en kolwyntjies.

Die Rensburg-tak van die Vroue Landbou-Unie het onlangs hul 53ste bestaansjaar op feestelike wyse gevier.

Die geleentheid, wat gevier is met ballonne, kolwyntjies en ander lekkernye, het die tak se stigting op 20 Maart 1973 herdenk.

Die vroue het ook meer te wete gekom oor die Afrikaanse skrywer van die jaar, Erns Grundling, deur ’n aanbieding deur Jeanie Boshoff.

Terselfdertyd het hulle hul maandelikse vergadering gehou, waartydens punte bekend gemaak is vir die tak se deelname aan die konferensie wat op 14 Maart by Goeiehoop VLU plaasgevind het.

Die lede se punte by hierdie konferensie is as volg:

• Masjien borduurwerk kom Petra Basson derde met 76%.

• Borduurwerk gaas kry Yolande Klingbiel 77%.

• Masjien-laslapwerk besorg Susan Smit ‘n eerste plek met 85%, en Louise Verdonck kry 75%.

• In breiwerk kry Minette Roodt 71%, Sarie Knoetze 65% en Petra Basson 78%.

• Hekelwerk gee vir Jeanie Boshoff 77%, Yolande Klingbiel 76% en Sarie Knoetze 79%.

• Met papierkrale het Sarie Knoetze derde gekom met 87%, en Elmarie Eygelaar het 86% gekry.

• Fotografie gee Minette Roodt 70% en Elmarie Eygelaar 68%.

• In skryfkuns kry Sarie Knoetze 87%, Minette Roodt 84% en Petra Basson 83%.

• Koffie skilderkyns: Susan Smit 80%, Yolande Klingbiel 71% en Petra Basson 74%.

• Beet en wortelbrood gebak sien Geraldine Janck met 80%, Sarie Knoetze 78%, en Elmarie Eygelaar met 72%.

• Wortelkonfyt: Sarie Knoetze 75%, Elmarie Eygelaar 81% met ‘n tweede plek en Petra Basson 76%.

• Mieliebrood: Elmarie Eygelaar 72%, Sarie Knoetze 74%, en Petra Basson 70%.

• Met vingerlose handskoene het Jeanie Boshoff ‘n eerste plek losgewerk met 84%.

• Peace Lily: Joanie Geldenhuys 61%, en Petra Basson 60%.

• Blomme beginners: Geraldene Janck 68%, Sarie Knoetze 70%, en Susan Smit 68%.

• Blomme middelbaar: Joanie Geldenhuys 66%, en Laetitia Erasmus 67%.

• Blomme gevorderd: Elmarie Eygelaar 70%, en Petra Basson 73%.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button