Local news

Jericho Ride bring motorfietsryers bymekaar

Motorfietsruiters van vêr en wyd het bymekaar gekom vir die optog.

Die Bronkhorstspruit se JITA Motorcycle Ministry het onlangs ’n kragtige Jericho Ride by die PPK Ligkruis Kerk in Bronkhorstspruit aangebied, waar motorfietsryers van heinde en verre saamgekom het om deel te neem aan dié besondere geleentheid van geloof en gemeenskapsbetrokkenheid.

Motorfietsryers van Brakpan, Nigel, Springs, Boksburg en Benoni onder andere het gesorg dat 40 motorfietse gebrul het vir oorwinning.

Een van die motorfietsryers bid by een van die bymekaarkompunte. FOTO: Hennie de Jager.

Die Jericho Ride is ‘n internasionale geleentheid waar motorfietsryers bymekaar kom op verskillende plekke op dieselfde dag.

Hulle skop die oggend af met ‘n kerkdiens, en ry daarna na verskeie punte in hul gemeenskappe om te bid waar daar ‘n nood is.

Van die motorfietsryers wat deel was van die geleentheid. FOTO: Hennie de Jager.

Die idee is dat, soos die Bybelse mure van Jericho, die mure van geweld, misdaad, dwelms en enige ander drukkende probleem in die gemeenskap sal val.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button