Klein Kwagga besoek 99-jarige inwoner
Sy word in Mei 100, en Kwagga het saam die Suikerbos Voortrekkerkommando kom kuier.
Tannie Stofie Pruis (99), ’n bekende inwoner van Heidelberg en die Suikerbosoord, woon tans in die Goue-Akker se demensie-afdeling.
Sy vier op 11 Mei haar 100ste verjaardag, en op Maandag 13 April het die Suikerbos Voortrekkerkommando haar en die oord besoek en Paaseiers uitgedeel.
Saam met hulle was Dircko Jansen van Nieuwenhuizen (10), ook bekend as “Klein Kwagga”, haar agterkleinseun.
Hy het gevra of hy vir tannie Stofie kon besoek ter viering van haar naderende verjaarsdag.
Marlene Walkden, maatskaplike werker by die oord, het hom meegedeel dat sy in die Goue-Akker-afdeling woon.
“Dit het vir hom sin gemaak, want ‘die oudstes is die goudstes’ was sy antwoord,” het sy gesê.
“Dit was voorwaar ’n spesiale middag. Kinders, bejaardes en Paaseiers saam bly altyd ’n treffer.”



