Local news

Rit vir Geregtigheid vir Dylan Bothma trek wye ondersteuning

Motorfietsryers en lede van die publiek word genooi om môre in Heidelberg saam te staan vir ’n Rit vir Geregtigheid ter nagedagtenis aan Dylan Bothma

Alles is in plek vir die beplande Rit vir Geregtigheid vir Dylan Bothma, wat môre (25 April) plaasvind.

Motorfietsryers en ander belangstellendes kan om 10:00 by Cappuccinos in Voortrekkersstraat bymekaarkom.

Van daar sal die groep ’n roete volg na Rensburgstraat, waar die rit tot ’n einde sal kom.

Dylan Bothma is op 25 Junie 2023 oorlede nadat ’n 16de verjaarsdagpartytjie wat hy op 24 Junie in Heidelberg bygewoon het, skeefgeloop het.

Dylan se ma, Elsie het gesê dat die beplanning gedoen is en het die hoop uitgespreek dat die bewusmaking goed ondersteun sal word.

Sy het ook bygevoeg dat die rit nie slegs vir motorfietsryers is nie en dat die publiek en ander belangstellendes baie welkom is om dit te ondersteun.

Elsie sal die mense, op die plek waar daar ‘n kruis vir Dylan opgerig is, toespreek en verduidelik wat met Dylan gebeur het en hoe die saak nou al vir bykans drie jaar sloer.

“Ek sal ook met graagte na die tyd by ons bymekaarkom plek vrae beantwoord,” het sy gesê.

Willie van Zyl, ’n motorfietsryer en organiseerder van die rit, het ’n beroep op alle motorfietsklubs, onafhanklike ryers en die breër motorfietsgemeenskap regoor Suid-Afrika gedoen om saam te staan vir geregtigheid.

Persone wat meer inligting wil bekom, kan Willie by 079 871 3676 kontak.

Die roete wat gevolg sal word. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button