Sandra Taljaard, een van die organiseerders sê die aand bedoel om erkenning te gee aan die mense wat dikwels stilweg agter die skerms werk. Foto: Verskaf
Die Heidelberg-takke van die ATKV, Solidariteit Helpende Hand en die Rensburg VLU span kragte saam om op 5 Junie ’n Klop-op-die-skouer-aand by die Suikerbos Aftreeoord aan te bied, waar gemeenskapshelde van die dorp vereer en erkenning vir hul bydraes ontvang.
Altesaam 14 lede van die gemeenskap is genomineer vir die erkenning, en gaan tydens die spoggeleentheid vereer word vir die werk wat hulle doen.
Christine Kruger is die stigterslid en bestuurder van Masincedane sentrum, wat sorg vir gestremde volwassenes. FOTO: VerskafMarie van Niekerk-Benadé is baie betrokke by die bejaardes in Heidelberg. FOTO: Verskaf.Nardus van der Vyver is die departementshoof van handelsvakke by Hoër Volkskool, en bied besigheidsstudies en rekeningkunde aan. FOTO: Verskaf.Melinda van der Merwe besit die Plaashuiswinkel al vir 35 jaar, en probeer daagliks mense inspireer om hul kant te bring in die samelewing. FOTO: Verskaf.Susan Basson van Crime Stop gebruik netwerke, wat oor oor jare opgebou is, om die gemeenskap by te staan. FOTO: VerskafNellie Rossouw is die “hartklop van Hoër Volkskool”. FOTO: Verskaf.Elzona Els is die stigtingsbestuurder van Emer-G-Med se Heidelberg-tak, waar sy ‘n sleutelrol speel in die versterking van plaaslike noodreaksievermoëns. FOTO: Verskaf.Yvonne van Coller is ‘n plaaslike joernalis en DA raadslid wat reeds sedert 1990 haar reis met Heidelberg begin het. FOTO: Verskaf.Johan Moolman is die opsigter vir die Heidelberg Hope span, en verantwoordelik vir die skoonheid en netheid van die dorp. FOTO: VerskafAlbert Grobler is ‘n bekende en geliefde besidgheids- en gesinsman, en die dryfkrag agter Heidelberg Hope. FOTO: VerskafNicoléne Neveling is een van vier direkteure by Heidelberg Hope. FOTO: VerskafPhumzile Sibande is ‘n gesinsgeweld koördineerder by die Heidelberg polisiestasie. FOTO: VerskafJaco Kritzinger van die Lesedi Community Centre dra vele hoede in sy diens aan die gemeenskap. FOTO: VerskafDawie de Villiers is die kommandoleier van Suikerbos Voortrekkerkommando. FOTO: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!