Heigel-fotograwe vang die perfekte oomblik vas
Heigel Fotoklub se Mei-vergadering lewer treffende inskrywings wat die die beordelaars laat kop krap.
Die Heigel Fotoklub het op 13 Mei hul gebruiklike maandelikse vergadering gehou.
Die voorsitter, Dawie de Villiers, het die lede verwelkom en meer vertel oor die klub, wat gestig is vir fotograwe in die Nigel- en Heidelberg-omgewing.
De Villiers het ook lede herinner aan twee belangrike datums op die klub se kalender. Die jaarlikse prysuitdeling (30 Mei), terwyl die gewilde fotojag op 16 Junie in Heidelberg aangebied sal word.
Gedurende Mei is 45 foto’s vir beoordeling ingeskryf. Die beoordelaars het die inskrywings bespreek en die beste foto’s uitgewys. Die voorgeskrewe tema vir die maand was “Sportfotografie”.

Fotograwe kan ook foto’s in verskeie ander kategorieë inskryf, waaronder natuur, voëls, ope afdeling, portrette, swart-en-wit, sport, joernalistieke fotografie, geboue en nog meer.
Die wenners was as volg aangekondig:
• Voorkeskrewe foto wenner: Digital Flora deur Michelle van Niekerk.
• Beste algemene wen foto: Light Up deur Eugene Viljoen
• Beste junior wen foto: Spiral deur Monica van der Merwe.
Die voorgeskrewe tema vir Junie City Scapes (Dorps Landskap).

Verskeie bevorderings was in die eerste deel van 2026 ook aangekondig:
• 1 Ster na 2 Ster: Anneke Scholly (Maart), Monica van der Merwe (Maart), René van der Westhuizen (Maart), Cathy Olivier (April), Jean de Villiers (Mei).
• 2 Ster na 3 Ster: Annelie Schollie (Maart), Riekie Bornman (April)
• 3 Ster na 4 Ster: Heinrich van der Merwe (Februarie)
• 4 Ster na 5 Ster: Eugene Viljoen (Maart)
Persone wat belangstel om by die klub aan te sluitkan vir Dawie de Villiers kontak by 084 600 5765.



