Local news
Appelliefie en vrywilligers bring winterwarmte na Suikerbosrand Aftreeoord
Die winkel het komberse uitgedeel by Suikerbosoord se Silwer Akker-eenheid op Donderdag, 11 Junie.
Suikerbosrand Aftreeoord is op 11 Junie, deur Appelliefie se eienaar, Jenny Labuschagne, en ander vrywilligers besoek om komberse aan inwoners uit te deel.
Die komberse, wat deur Heidelbergers gebrei en gehekel is, is saam met heerlike eetgoed aan inwoners van die oord se Silwer Akker-eenheid oorhandig.
Marlene Walkden, die oord se maatskaplike werker, het gesĂȘ die inwoners en personeel is opreg dankbaar vir die ruim skenking van komberse, veral gedurende die koue wintermaande.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



