Stadslig en kreatiwiteit skyn by Heigel Fotoklub
Fotograwe van Heigel Fotoklub het tydens hul Junie-vergadering 40 indrukwekkende foto’s ingeskryf, met die Cityscapes-tema wat kreatiewe stadsperspektiewe en sterk visuele verhale gelewer het.
Die Heigel Fotoklub het op 10 Junie vergader en dien as ’n kreatiewe ontmoetingsplek vir fotograwe in die Nigel- en Heidelberg-streek.
Die voorsitter, Dawie de Villiers, het die lede verwelkom en ook ’n oorsig gegee oor die Fotojag wat die vorige dag plaasgevind het, en foto’s wat tydens die geleentheid geneem is, is vertoon.
Vir die Junie-kompetisie is 40 foto’s ingeskryf, wat deur beoordelaars bespreek en die beste inskrywings uitgelig is. Die voorgeskrewe tema vir die maand was Cityscapes.

Lede kan ook inskryf in verskeie ander kategorieë, insluitend natuur, voëls, ope afdeling, portrette, swart en wit, sport en joernalistiek, asook geboue en meer.
Die wenners is soos volg aangekondig:
• Voorgeskrewe tema-wenner: Cityscapes Johannesburg Skemer deur Nicolaas Smith
• Beste algemene wenfoto: The Explorer deur Nicolaas Smith
• Beste junior wenfoto: Glass deur Monica van der Merwe

Enigiemand wat belangstel om by die klub aan te sluit, of meer inligting wil bekom kan vir Dawie de Villiers, by 084 600 5765 kontak.



