Local news

Heidelbergse Onderwyskollege se trompoppies leef voort in foto’s

Drie trompoppies was 'n trotse instelling by die Heidelbergse Onderwyskollege, ten spyte van teenstand.

Die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK), wat van 1909 tot 1967 bestaan het, was een van Suid-Afrika se belangrikste opleidingsinstellings vir onderwysers.

Die kollege het ook sy eie trompoppies gehad; ‘n trotse instelling waarvoor studente groot geesdrif gehad het.

Ou foto’s en ‘n geraamde trompoppie-uitrusting in die HOK-museumuitstalling by Laer Volkskool se mediasentrum, wat deur Kitta Lauffs geskenk is, getuig van ‘n era waarin die kort rompies, moulose toppies en kenmerkende uniforms beslis aandag getrek het.

Een jaar het die mans van die kollege soos die trompoppies aangetrek in protes teen die kerk se besluit om hulle van die jaarprogram af te haal. FOTO: Verskaf.

Die trompoppies was egter nie sonder omstredenheid nie.

In een stadium het die kerksinode beswaar gemaak teen hul uitrusting, wat as onwelvoeglik beskou is, en hulle is verbied om die daaropvolgende jaar aan die program deel te neem.

Kitta Lauffs se skenking aan die HOK museumuitstalling.
FOTO: Verskaf.

As protes teen die verbod het die HOK se manstudente besluit om self as trompoppies aan te trek.

Geklee in kort rompies en die kenmerkende uniforms het hulle deur die strate van Heidelberg gemarsjeer.

Die Heidelbergse Onderwyskollege se trompoppies. FOTO: Verskaf.

Die protes was suksesvol, en daar is uiteindelik besluit om die trompoppies weer toe te laat.
Die volgende jaar was hulle terug op die program.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button