Local news

Kunswerksessie ondersteun Heidelberg Hospice se fondsinsameling

Die aktiwiteit verskaf al die kunsbenodighede om 'n gemengde medium kunsstuk te maak van A4 grootte.

Kunsliefhebbers en beginners word genooi om hul kreatiewe kant te ontdek tydens ‘n kunswerksessie wat deur Veronica Olivier aangebied word as deel van die Heidelberg Hospice se Kuns- en Kultuurmark.

Die werksessie vind op 29 Julie van 10:00 tot 13:00 by Freemanstraat 2 in Heidelberg plaas.

Belangstellendes kry die geleentheid om hul eie A4-kunswerk met behulp van gemengde mediums te skep. Alle materiaal word voorsien en die koste beloop R300 per persoon.

“Ontdek jou kreatiwiteit en geniet ‘n heerlike kunsmakery-ervaring saam met my. Laat jou inspireer, skep iets besonders en neem jou unieke kunswerk huis toe,” nooi Olivier.

Die opbrengs van die werksessie sal ten bate van Heidelberg Hospice aangewend word.

Om ‘n plek te bespreek, stuur ‘n WhatsApp-boodskap aan Veronica Olivier by 082 806 1191.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button