Local news

HOK oud-studente onthou gewilde July-perderesies

Eerstejaarsvroue moes in kleurvolle uitrustings, hoede en sambrele 'n parade hou voor die resies begin.

Soos die oud-studente van die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) terugkyk op gebeure en tradisies in die aanloop tot hul 60-jaar-reünie in 2027, bly die July perderesies een van die grootste hoogtepunte.

Die July kamtige perderesies is by die kollege aangebied en het vir baie pret en vermaak gesorg. Dit was ook ‘n geleentheid vir eerstejaars om krediete te verdien vir ‘n kleurbaadjie.

Vroue het opgetof vir ‘n parade voor die wedren begin het. FOTO: Verskaf.

Die mans moes latte soek om as hul “perde” te dien, waarna hulle in uitdunrondes meegeding het om vir die wedren te kwalifiseer.

Die vroue het intussen in kleurvolle uitrustings, hoede en met sambrele aan ‘n parade deelgeneem.

Vroue tydens die optog voor die resies. FOTO: Verskaf.

Daarna het die vroue die “ruiters” luidkeels vanaf die pawiljoen aangemoedig.

Die opleiding van onderwysstudente aan HOK het talle geleenthede gebied om hulle deeglik voor te berei vir onderwysposte waarvoor hulle aansoek gedoen het, deur hulle veelsydig toe te rus.

Manne in die laaste skof van die ‘perde’ resies. FOTO: Verskaf.

Die pawiljoen, atletiekbaan en rugbyveld was die hart van die kollege, waar talle aktiwiteite, soos die July-perderesies, plaasgevind het om studente vir hul loopbane as onderwysers voor te berei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button