Hervormde Kerk Nigel hou groot Lentefees
Maak gereed vir ’n gesellige Lentefees by die Hervormde Kerk Nigel op 29 Augustus, met kos, inkopies, vermaak en ’n Colour Run vir die hele gesin.
Die Hervormde Kerk, Nigel nooi inwoners en besoekers na ’n gesellige Lentefees wat 29 Augustus by die kerk te Eeufeeslaan 42 plaasvind.
Die fees, wat om 09:00 begin, beloof om ’n heerlike dag van kuier, koop, eet en vermaak vir die hele familie en vriende te wees.
Besoekers van oud tot jonk kan die dag geniet en saam met die gemeenskap die lente verwelkom.
As deel van die dag se aktiwiteite word daar ook ’n Colour Run/Fun Run aangebied, wat deelnemers die geleentheid bied om op ’n prettige en aktiewe manier aan die fees deel te neem.
Die inskrywingsfooi vir volwassenes en hoërskoolleerders is R50, terwyl laerskoolleerders R30 en voorskoolse kinders R20 betaal.



