Local news

Nigel VLU leer meer oor natuurlewe

Nigel VLU-lede het onlangs die koue trotseer vir ’n leersame vergadering met ’n fokus op die vrou, die wilde-olyf en die witkruisvleivalk.

Ten spyte van die snerpende koue het lede van die Vroue Landbou Unie se Nigel-tak op 13 Augustus byeengekom vir ’n leersame vergadering.

Die byeenkoms is geopen deur Marcelle Bonafe, waarna Anna-Marie Axer die verwelkoming gedoen het.

Susan Valentin het ’n kers aangesteek ter nagedagtenis aan ’n geliefde lid, Erika Blom, wat meer as 40 jaar lank ’n getroue deel van die VLU-familie was. ’n Kort huldeblyk het haar toewyding en warm teenwoordigheid in herinnering geroep.

Marcelle Le Roux Bonafe het ‘n praatjie gelewer oor vandag se vrou. Foto: Verskaf

Die studierigting van die dag was omgewingsbewustheid, en die gasvrou, Marcelle Bonafe, het ’n inspirerende praatjie gelewer oor vandag se vrou.

Sy het haar treffend vergelyk met die wilde-olyfboom, ’n boom wat diep wortel, droogte kan deurstaan en tog vrug dra.

Susan Valentin het ‘n kers aangesteek ter nagedagtenis aan Erika Blom. Foto: Verskaf

Susan Valentin het ’n insiggewende voorlegging gedoen oor die boom van die jaar, naamlik die wilde-olyf (olienhout).

Sy het kortliks verduidelik dat dit ’n inheemse boom is wat bekend is vir sy gehardheid en die waarde wat dit vir die ekosisteem bied.

 Cornett Botha en gasvrou vir die dag Marcelle le Roux Bonafe. Foto: Verskaf

Daarna het Anna-Marie Axer ’n voorlegging gelewer oor die voël van die jaar, die witkruisvleivalk.

Sy het ’n oorsig gegee oor hierdie skaars roofvoël wat veral in vleilande voorkom en ’n belangrike rol speel in die bewaring van biodiversiteit.

Marcelle le Roux Bonafe en Cornett Botha het die vergadering geniet. Foto: Verskaf

Die koue is met sop, brood en vetkoek getrotseer, en die geselligheid is met koffie en samesyn afgerond.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button