Local news

HOK swembad in 1957 in gebruik geneem

Later, na die bou van die swembad, het 'n gimnastieksaal en nuwe kleedkamers ook bygekom.

Soos die oud-studente van die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) terugkyk op gebeure en tradisies in die aanloop tot hul 60-jaar-reünie in 2027, bly die ingebruikneming van die swembad ’n groot hoogtepunt.

Die Heidelbergse Onderwyskollege het alles gedoen om die studentelewe op te kikker, en die swembad is in November 1957 amptelik in gebruik geneem.

 “Hier leer ons ook vlieg” was die algemene standpunt van studente wat die hoë duikplank gebruik het, FOTO: Verskaf

Die swembad is uit soliede klip gekap, volgens Olimpiese standaarde gebou, en aanvanklik het twee rondaweltjies as kleedkamers gedien.

Die Heidelbergse Onderwyskollege se swembad is volgens olimpiese standaarde gebou. FOTO: Verskaf.

Later is behoorlike kleedkamers aangebring, sowel as ’n gimnastieksaal, wat die liggaamlike opvoedingskursus baie gewild onder nuwe studente gemaak het.

 ‘n Interkollege swemgala teen Johannesburg. FOTO: Verskaf

Hoë duikplanke is toegevoeg, vanwaar studente “leer vlieg” het. Die duikvertonings het entoesiastiese applous ontlok, en swemgalas is goed bygewoon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button