Die Hoër Volkskool Heidelberg bied ‘n Volkies en Vriende Fees aan
Die fees sal verskeie gaskunstenaars bied, met 'n lekker geselsie met Toks en Tjops, verversings en 'n fees atmosfeer.
Die Hoër Volkskool bied op 30 Oktober die Volkies en Vriende Fees aan op die skool se sport gronde, met ‘n opwindende program.
Van Suid Afrika se beste kunstenaars, ‘n gesprek met Toks en Tjops, verversings en ‘n fantastiese fees atmosfeer gaan sorg vir ‘n onvergeetlike ondervinding.

Enkelkaartjies en VIP-tafels is beskikbaar om te bespreek en verskeie pakette is beskikbaar.
Kunstenaars wat gaan optree sluit in Die Heuwels Fantasties, Arno Jordaan, Juan Boucher, en Die Rowers Boere-Orkes.

VIP-tafels is slegs beskikbaar vir volwassenes, en parkering beloop R50 per voertuig.
Vir meer inligting, skakel 084 584 3216, of besoek volkies.howler.co.za/vvfees om jou kaartjies te bespreek.




