Local news

Heigel Fotoklub lede vang pragfoto’s vas

Die klub vergader een ker per maand met spesiale leersame sessies wat ook deur die jaar plaasvind.

Lede van die Heigel Fotoklub het onlangs bymekaar gekom vir hul maandelikse vergadering waartydens Augustusmaand se foto’s beoordeel en bespreek is.

Nadat die voorsitter, Dawie de Villiers almal verwelkom het, is daar aan die werk gespring en is die ongeveer 40 foto’s wat ingeskryf is deur die beoordelaars bespreek, waarna die wenners in die verskeie kategorieë aangewys is.

Die voorkeskrewe foto wenner, Piggy Back Ride is deur Heinrich van der Merwe geneem. Foto: Heindrich van der Merwe

Die voorgeskrewe tema vir die maand was “Makro” maar fotograwe kry ook die geleentheid om hul werk in ander kategorieë in te skryf, wat onder andere natuur, voëls, portrette, swart en wit, sport, joernelastiek en geboue insluit.

Die wenners vir Augustusmaand is:

Voorkeskrewe foto wenner: Piggy Back Ride deur Heinrich van der Merwe.

Beste algemene wenfoto: Gariepglasogie op klip deur Dawie de Villiers.

Beste junior wenfoto: Eenvoud wat spreek deur Rienie van der Walt.

Die voorgeskrewe tema vir September is skaduwees in fotografie.

Die beste junior wenfoto, Eenvoud wat spreek het is deur Rienie van der Walt geneem. Foto: Rienie van der Walt

Perwone wat belangstel om by die klub aan te sluit of meer inligting verlang kan vir Dawie te Villiers by 084 600 5765 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button