Local news

Stap vir Bybels-projek in Nigel is ‘n reuse sukses

Die geleentheid is vir die eerste keer by die John Vorster Sportgronde aangebied, met mense wat in kleurvolle uitrustings opgedaag het om te stap en draf.

Die Stap vir Bybels-projek het vanjaar sy tiende bestaansjaar gevier met die byeenkoms wat by die John Vorster Sportgronde plaasgevind het.

Altesaam 715 stappers het deelgeneem en die aand se atmosfeer was volgens die organiseerders vol energie en gemeenskaplike gees.

“Die stap is vir die eerste keer by die sportgronde aangebied, en die goeie opkoms het ons se verwagtinge oortref,” het die organiseerder gesê.

‘n Groot groep mense het opgedaag om die projek, wat ‘n neon-tema gehad het, te ondersteun. Foto verskaf:

Die spreiligte het die baan verhelder en ’n veilige, feestelike ruimte geskep waar jonk en oud saam kon stap vir ’n saak van groot waarde.

“Die projek, wat oor ’n dekade heen gegroei het, het weer eens bewys dat die Nigel–gemeenskap saam kan staan vir die verspreiding van God se Woord.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button