Local news

Heidelbergse Onderwyskollege se pawiljoene: Van sport tot snoepie en kuier

Die pawiljoene het verskeie aktiwiteite gehuisves, van sportbyeenkomste tot ontspanning.

Soos die oud-studente van die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) terugkyk op gebeure en tradisies in die aanloop tot hul 60-jaar-reünie in 2027, word daar ook terug gedink aan die pawiljoene wat deur honderde studente en besoekers gebruik is.

Die pawiljoene by die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) het verskeie doeleindes gedien met sportbyeenkomste, ontspanning na aandete en gesellige gekuier onder studente.

Studente moes hard werk om verkope uit die snoepie te bedryf. Foto: Verskaf

Onder die pawiljoene was daar ‘n snoepie en ‘n “lekkerhoekie” wat saans na aandete die studente gelok het om hul sorge te vergeet, te dans en moontlik ‘n aantreklike pasmaat te ontmoet.

Die vroue moes egter voor 20:00 weer terug wees by die koshuis, maar die mans kon gemaklik verder kuier.

Die snoepie in die “lekkerhoekie” met sommige studente wat aankope maak. Foto: Verskaf

Tydens sportbyeenkomste moes die studente behoorlik bontstaan om genoeg voorrade byderhand te hê vir al die besoekers, en verseker dat die snoepie se bedrywighede glad verloop.

Die “lekkerhoekie” is so geposisioneer dat alles op die sportveld sigbaar is en dopgehou kon word terwyl snoepie-aankope gemaak word.

Pawiljoene is volgepak tydens sportbyeenkomste. Foto: Verskaf

Die pawiljoene was ‘n groot deel van die studentelewe by die HOK.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button