Local news

HOK reklamekonsert ‘n hoogtepunt van 1962

Die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) se reklame het 'n konsert ingesluit wat verskeie kultuurgroepe van die studente die geleentheid gegee het om op te tree.

Soos die oud-studente van die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) terugkyk op gebeure en tradisies in die aanloop tot hul 60-jaar-reünie in 2027, bly ‘n reklamekonsert wat aangebied is ‘n hoogtepunt.

In Oktober van 1962 het die kollege ‘n reklamekonsert aangebied in die Heidelberg Stadsaal, waar studente van verskeie kultuurgroepe op kampus die geleentheid gehad het om op te tree.

Die reklamegroep van die Heidelbergse Onderwyskollege. FOTO: Verskaf

Die kollege se orkes, ‘n trompetsolo, ‘n sangsolo, die mannesekstet, ‘n toneelopvoering naamlik Die Moord op Miempie Brand, en vele meer opvoerings is ingesluit, altesaam 18 items.

“Die belangrikste rol wat die reklamegroepe gespeel het was nie net om die kollege te adverteer nie, maar ook vir studente om praktiese ondervinding op te doen om as waardige onderwysers opgelei te word,” sê Susan du Plessis, oud-student en bewaarder van die kollege se geskiedenis.

Die rektor, H. J. de Jager het die reklamekonsert groep op Louis Trichardt ontmoet vir ‘n opvoering wat daar plaasgevind het. FOTO: Verskaf

Skoolhoofde kon vanuit die konserte sien watter voornemende onderwysers goed by hul skole sou inpas, en het uitgesien daarna om hulle op hul personeel te verwelkom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button