
Die ATKV vier vandag AFRIKAANSE TAALDAG.
Volgens Mnr Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV is een van die beste maniere waarop die ATKV kan verseker dat Afrikaans in stand gehou en uitgebrei word, om so inklusief as moontlik in die aanbieding en uitvoering van sy projekte te wees.
“Hierdeur wil die ATKV sy voetspoor op nasionale vlak uitbrei en ‘n kultuurtuiste vir al hoe meer Afrikaanses in Suider-Afrika word. Ons kan deur ons aktiewe deelname aan debatte oor Afrikaans en die aanbied van kultuurgedrewe projekte help bou aan die toekoms van Afrikaans,” het Gouws gesê.
“Daar is tans sowat 6 802 tale ter wêreld. Dertig persent hiervan is inheems aan Afrika, en Afrikaans is een van die Afrika-tale. Voorspellings vir die voorbestaan van die wêreld se tale is egter donker, en volgens Unesco gaan tot 90% van hierdie tale binne die
volgende 100 jaar verdwyn. Ons wil keer dat Afrikaans een van hulle is.” Aldus Mnr Gouws.
WAT IS JOU GUNSTELING AFRIKAANSE WOORD?



