School sportSport

Vossies presteer op vele gebiede

Hoërskool John Vorster spog met verskeie leerders wat Oos-Gauteng kleure vir Jukskei verwerf het en ook vanaf 8 tot 15 Desember aan die Suid-Afrikaanse Junior Jukskei Kampioenskappe wat in Kroonstad plaasvind, gaan deelneem.

Vossies se krieket eerstes vermosel Benoni High School se kampioenspan

Hoërskool John Vorster se krieket eerstespan het ‘n reuseoorwinning behaal toe hulle die onoorwonne span van Benoni High School op 8 September met 24 lopies geklop het.

Vossies het ‘n totaal van 182 lopies aangeteken, waarvan Jannie Hough 92 gemoker het. Sean Roodt het sy slag as bouler gewys en vyf paaltjies geneem.

 

Hier is Andrew Strydom, Madison Landsman, Brandon de Beer, Juan Thompson, Jannie Hough, Stephan Horn, Mitchell Naude, Pieter Snyman en André van Tonder. Henry Harris was afwesig.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button