Tennis tweedespan het as ligawenners uit die stryd getree. Hulle het teen skole soos Laerskool Dalview, Laerskool Selection Park en Laerskool Christiaan Beyers kompeteer. Die span word deur Nadia Greyling afgerig. Hier is Karla Horn, Jané Wepener, Silvana Potgieter en Linél Claassens.
Nege atlete van Laerskool Tini Vorster is in die Suid-Afrikaanse klub landloopspan opgeneem wat op 8 Oktober aan die nasionale byeenkoms in Port Elizabeth gaan deelneem. Hulle is Jané Wepener, Biehan Wepener, Adrian Botha, Deseré Steynberg, Rickus Bornman, Quintin Botha, Lehané Aucamp, Luné Wepener en Giovanni Coetzee.
Hier is die D5-landloopspan wat op 1 September aan die Gauteng Landloop byeenkoms deelgeneem het: Keegan van der Merwe, Desereé Steynberg, Luné Wepener, Quintin Botha en Adrian Botha.