Junior Bokkies gee raad
Drie Junior Springbokke het by Hoër Volkskool by ‘n rugbykliniek die seuns meer oor lynstane en ‘tackles’ kom leer.

Balle het gerol toe drie Junior Springbokke by Hoër Volkskool met ‘n rugbykliniek die seuns meer oor lynstane en ‘tackles’ kom leer het.
David Kellerman (Junior Bokke en Blou Bulle), Herman Aggenbach (Junior Bokke en Goue Leeus) en WJ Steenkamp (Junior Bokke en Blou Bulle) het saam met verskeie skole (Laer Volkskool, Laerskool AG Visser, Reitz Hoërskool en Hoër Volkskool) op 8 en 9 November aan dié kursus deelgeneem.
Die rugbykliniek het die Vrydagaand afgeskop met ‘n praatjie deur Inus Keyser (Grey College eerstespan afrigter en Blitsbok) oor kondisionering, gesindheid en voeding. Kenners van aanvullingsmiddels het die seuns ook meer oor die voordele en nadele van aanvullings vertel.
Keyser het die praktiese sessie die volgende dag op die veld gelei. Dit was ‘n lang en warm dag, maar die seuns het elke oomblik geniet en weggestap met hope nuwe kennis oor dié kontaksport.



