Heidelberg Rugbyklub het op 12 Maart teen Harlequins Wesrand gespeel by Hoër Volkskool se rugbyvelde.
Heidelberg se tweedespan het eerste teen Harlequins se vierdespan gespeel.
Die wedstryd was baie gelykop in die eerste helfte en Quins kon net twee keer agter Berge se doellyn kuier.
Die tweede helfte was ’n heel ander storie en Quins het nog vier keer agter Heidelberg se doellyn gekuier sonder dat enige punte afgestaan was.

Harlequins het met 42-0 gewen. Daar was altesaam 14 skrums, 22 strafskoppe en een geel kaart in die wedstryd gewees.
Heidelberg se eerstespan het teen Harlequins se derdespan te staan gekom.
In die eerste helfte het elke span een drie gedruk. Teen halftyd het Harlequins 8-7 voorgeloop.
In die tweede heldte van die klipharde stryd het altwee spanne die bal soveel as moontlik lug gegee en probeer hardloop.

Die verskil in die wedstryd was Roaan Viljoen wat ’n drie gedruk het, terwyl hy ook met ’n doelskop en strafskoppe geslaag het. Op sy eie het hy 21 punte aangeteken.
JJ Theron het in die tweede helfte vir Heidelberg ’n drie gedruk en vier strafskoppe is in punte omgeskep.
Harlequins het twee drieë gedruk, een vervyfskop en een strafskop oor die pale gejaag.
Heidelberg het met 26-23 geseëvier. Daar was 20 skrums en 23 strafskoppe in die wedstryd gewees.
Heidelberg se volgende westryd is die naweek in Nelspruit.




