Sport

Landloop SA’s wink vir Bornman

Landloop ster bestem vir SA's

Hoër Volkskool se Annericke Bornman (Graad 12) het met uitstekende vertonings gekwalifiseer om aan die SA Skole Landloopkampioenskappe deel te neem.

Bornman gaan op 1 Oktober haarself toets teen die land se beste landloopatlete. Die nasionale kampioenskappe gaan in die Kaap plaasvind.

Annericke het onlangs aan die Gauteng Landloopkampioenskappe in Kagiso te Krugersdorp deelgeneem waar sy vyfde in haar ouderdomsafdeling geëindig het.

“Annericke is hard besig met voorbereidings en daar is hoë verwagtinge vir haar tydens die kampioenskappe,” het Bornman se afrigter André Engelbrecht gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button