SportSport

Nigel Rabbitohs val vas in die finaal

Nigel Rabbitohs se eerste seisoen 'n sukses.

Die Nigel Rabbitohs Rugby Liga Klub, wat onlangs gestig is, het op 25 Februarie teen Pretoria in die finaal te staan gekom.

Pretoria RLK het die wedstryd 42-32 gewen.

Nigel Rabbitohs se punte in die wedstryd was soos volg aangeteken:

Drieë: Marcelle Viljoen (2), Ronald Botes (2), Juandre van Dyk (1) en Jarico van Niekerk (1)
Vervyfskoppe: Junaide Seedat (4)

Die Nigel Rabbitohs het hulle rugbyligaklub in 2022 gestig en groei by die dag groter. Met die feit dat die seisoen Nigel Rabbitohs se eerste volwaardige seisoen in die liga was, kan hulle voel dat hul as oorwinnaars van die veld gestap het.

In die semi-finaal het Nigel Rabbitohs vir Harlequins RLC 30-18 kafgedraf.

Die Nigel Rabbitohs span het bestaan uit voorspelers Damian Diedericks, Frikkie Jansen, Khomotso Mokwele, Mandla Plumstead, Marcelle Viljoen, Rahul Maharaj, Reginald Thabethe, Ronald Botes, Rudolf Prinsloo, Sean Mtsweni, Tjaart Pretorius en Zama Ndawo en agterspelers Fredrick Geyer Louwrens, Jarico van Niekerk, Juandre van Dyk, Junaide Seedat, Lincoln Baatjies, Morné Viljoen, Pierre Labuschagne, Pieter Grobler, Simphiwe Jange en Tendai Magwai.

Junaide Seedat skop pale toe.
Rabbitohs se kaptein Marcelle Viljoen op die aanval.
‘n Minuut stilte is voor die aanvang van die wedstryd gehadhaaf vir afrigter van Nigel Rugbyklub, Hansie van Wyk wat onlangs oorlede is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button