Sport

Plaaslike speler vir die Leeus gekies

Die kranige sportman het dubbel provinsiale kleure los gespeel.

Duan van Rensburg (16), seun van Heidelberg Rugbyklub se afrigter Jaco van Rensburg is gekies om die Gauteng Leeus te verteenwoordig.

Duan het op 10 April by Hoërskool Elandspark aan proewe deelgeneem en het die keurders met sy spel beïndruk.
Hy het sy provinsiale kleure by die Gauteng Leeus verdien waar hy aan die LSEN o19-rugbytoernooi gaan deelneem.

Tans is Duan se gunsteling posisie om as flank in die skrum te sak.

Duan was ook in 2023 gekies om Gauteng-Noord te verteenwoordig en het die Titans se kleure in binnenshuise krieket verdien.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button