Sport

Heidelberg Rugbyklub toon veggees

Heidelberg se sterk punte was hulle lynstane en skrumwerk gewees.

Heidelberg Rugby klub se eerste en tweede spanne het op 27 April teen die Meyerton Knights Rugbyklub in die skild finaal van die Presidents Beker op Olympia Park in Springs gespeel.

Die eerste span se eindtelling was Meyerton Knights 36 – Heidelberg 7.

Die punte verskil vlei Meyerton so ietwat aangesien Heidelberg regdeur die wedstryd baie kompeterend was.

As dit nie was vir oorgretigheid van Berge op kritieke tye nie kon die punte heeltemal anders gelyk het.

Wat Heidelberg ook gekniehalter het was die hoeveelheid spelers wat beseer was en nie kon saamreis en speel nie.

Heidelberg se eerste span op die aanval.

Heidelberg het op vele kere in Meyerton se kwartgebied geboer , maar kon in die eerste helfte net nie deurkom nie.

Heidelberg se sterk punte was hulle lynstane en skrumwerk.

Die agterlyn het ook hulle bes probeer om die verdediging van Meyerton te breek.

Franco Strydom was voor en het kort- kort ‘n bres geslaan maar die span kon net nie afrond nie.

Franco Strydom probeer ‘n teenstander ontwyk.

Meyerton het ses drieë gedruk en drie drieë verdoel. Heidelberg moes tevrede wees met een drie wat suksesvol verdoel was.

Wat duidelik was regdeur die wedstryd is die veggees wat Heidelberg getoon het.

‘n Ander positiewe punt was die goeie gees waarin die wedstryd deurgaans gespeel was en geen strafkaarte was uitgedeel nie.

Heidelberg se speler van die wedstryd was Franco Strydom.

Heidelberg se tweedespan rank hoog in die lynstaan teen Meyerton.

Meyerton was as President Beker Skild kampioene gekroon.

Heidelberg se tweede span het in hulle wedstryd die wind van voor gekry van die begin af en moes die heeltyd verdedig.

Meyerton het die wedstryd op ‘n drafstap met 39 -0 gewen.

Die Merlin Beker skop die naweek komende naweek af en Heidelberg is oorgehaal om as nuwelinge in die Merlin Liga hul beste te gee.

Dwayne (Kudu) Rossouw druk Heidelberg se drie.

Related Articles

 
Back to top button