Heidelberg Rugbyklub het Saterdag teen 2023 se Merlin Liga semi-finalis, Benoni Northerns Rugbyklub in die huidige Merlin Liga reeks te staan gekom.
Benoni Northerns was te sterk vir Heidelberg in beide wedstryde waar die eerste en tweede spanne in aksie was.
Berge se eerste span het hulle wedstryd 38-19 verloor terwyl die tweede span met ‘n telling van 26-0 die knie moes buig.
Die wedstryde was op die Hoërskool Hans Moore se velde in Benoni gespeel.

Die eerste span wat reeds verskeie spelers deur die seisoen aan beserings moes afstaan het met ‘n begeesterde Benoni span te doen gekry en het dit in die eerste helfte moeilik gevind om by te bly.
Benoni Northerns se voorspelers het die tafel gedek met krag spel en die agterlyn in staat gestel om te aanval wanneer dit toegelaat was.
Die halftyd telling was Heidelberg 7 – Benoni Northerns 31.
In die tweede helfte het Heidelberg met ‘n terugveg poging vorendag gekom en Benoni moes die keer verdedig.
Berge het 12 punte teenoor Benoni se sewe punte aangeteken in dié helfte.

Die tweede span het van meet af swaar gekry teen Benoni Northerns se tweede span.
As gevolg van menige hanteerfoute het Berge se tweedes baie kanse deur hulle vingers laat glip en toegelaat dat Benoni die oorhand kry.
Net soos die eerste span het die tweedes ook verskeie spelers gemis wat beseer was of nie gesond was om te speel nie.
Heidelberg se volgende wedstryd is op 8 Junie wanneer hulle Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) welkom heet by Hoër Volkskool.




