Sport

Karatekas gaan SA verteenwoordig

Plaaslike Karatekas reig die medaljes in.

Die Nasionale JKA Karate Kampioenskappe het onlangs by die Ellispark Binnehuise Arena, Doornfontein plaasgevind waar plaaslike karatekas nie gras onder hul voete laat groei het nie.

Dit is die grootste JKA Karate Kampioenskappe wat nie in Japan plaas vind nie.

Daar was oor die 3 000 studente van provinsies regoor Suid-Afrika wat sake uitgespook het in verskeie karate dissiplines.

Sewentig van sensei Bernard Raubenheimer se karate studente, afkomstig van die Nigel en Heidelberg dojo’s, het vir die kampioenskappe ingeskryf.

Die groep het altesaam 11 goue, 12 silwer en 25 brons medaljes verower.

Sensei Bernard Raubenheimer staan gereed op die mat.

“Ek is trots op elkeen van my studente wat aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem het. Dit wys hulle toewyding en wilskrag om die top sport te bereik,” het Raubenheimer gesê.

Verskeie karatekas het ook gekwalifiseer om Suid-Afrika by die Wêreld Karate Kampioenskappe in Tokyo, Japan te verteenwoordig.

Hulle is Liezel Rautenbach, Chriselda Viljoen Divan Kotze, Mattheo Res, Ruben Venter en sensei Raubenheimer.

Raubenheimer gaan ook tydens dié kampioenskappe, waaraan sowat 59 lande gaan deelneem, as internasionale skeidsregter optree.

Heidelberg Dojo oefen by die Hoër Volkskool en Nigel Dojo oefen by die NG Moedergemeente in Kerkstraat Nigel.

Vir meer inligting kontak Raubenheimer by 083 489 8231.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button