Volkies maak die regte skuiwe
Laer Volkskool se skaakspelers gaan nou aan die Gauteng Skaak Kampioenskappe deel neem.
Skaakspelers van die Laerskool Volkskool het onlangs aan die D7 skaaktoernooi by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging deelgeneem.
Twee Volkie spanne het hulself laat geld en is deur na die volgende ronde toe.
Die o11-span het eerste geëindig in hulle ouderdomsgroep en die o9-span het ‘n tweede plek los geskuif.
Die o11-span is deur na die Gauteng Skaak Kampioenskappe toe, wat op 16 Augustus in Benoni plaasvind, terwyl die o9-span ook sal deelneem as daar ‘n ouderdomsgroep sal wees.
Die o13-span moes met ‘n sesde plek tevrede wees.
Die deelnemende spelers was:
Die o11’s: Mikayla Buchebner, Anru Britz, Reghardt Rautenbach, Raychel Pereira, Hanu Rosslee en Josuá Barnard.
o9’s: Lianro Conradie, Sebastiaan Martin, Alec Veldman, Luca Collen, Juan du Bruyn en Ludwig de Villiers.
o13’s: Hanno van Rensburg, Shaun-Michael Jersich, Willem Schoombie, Tjaard du Plessis, Stéfan Cilliers en Rossouw Combrinck.



