Nigel Rugbyklub leef swaar teen die Raiders
Nigel se rugbyspanne het nie 'n goeie dag op die veld beleef nie maar sien uit na die seisoen wat voolê.
Nigel Rugbyklub het op 22 Februarie teen Raiders Rugbyklub op die John Vorster Stadion in Nigel te staan gekom.
Raiders Rugbyklub is een van die top spanne in die Leeus se Pirates Grand Challenge liga.
Dit was ‘n geskiedkundige geleentheid om Raiders die eerste keer op die Nigel velde te kon sien speel.
Hulle het drie wedstryde op die dag gespeel.
Nigel se eerste span het met 40-3 die onderspit gedelf.

Raiders het gewys waarom hulle so hoog aangeslaan word in die Leeus Unie ligas met die spel wat hulle opgedis het.
In die eerste span wedstryd het Raiders die meeste van die speelwerk gedoen en nie Nigel toegelaat om hulle gebruiklike hardloop wedstrydplanne uit te voer nie.
Raiders het in die eerste helfte drie drieë en drie geslaagde vervyfskoppe in punte omgeskep terwyl Nigel tevrede moes wees met ‘n enkele strafdoel wat deur die pale geskop was.

Die halftyd telling was Nigel 3 – Raiders 21.
In die tweede helfte het Raiders ‘n verdere drie drieë en twee geslaagde doelskoppe oorgeskop.
Nigel se eerste span het nie een keer gaan lê nie en het tot die finale eindfluitjie aanhou speel.
Daar was heelwat geelkaarte in die wedstryd uitgedeel met Raiders wat die meeste ontvang het.

Dit was duidelik dat baie werk nog voorlê ter voorbereiding van die seisoen, met verskeie aanslane, hanteerfoute wat begaan is. Baie strafskoppe en dissipline probleme was aan beide kante ‘n kwelpunt.
Om meer doeltreffend te wil wees sal fiksheid ook drasties opgeskerp moet word.

Nigel se tweede span het 50-0 verloor en die derde span het teen Raiders se o21 span gespeel en 39-5 verloor.
Die volgende wedstryde op die John Viorster Stadion in Nigel is op 1 Maart wanneer Nigel Rugbyklub ‘n rugbydag aanbied.




