Nigel eerstes begin rampspoedig in President Liga
As gevolg van die wedstryd reëls wat anders daarna uitsien kan een van die spanne wat teen mekaar in die liga meeding met 'n agterstand op die telbord begin.
Vanjaar se Valke President Liga wedstryde het op 5 April afgeskop.
Nigel het na Meyerton gereis vir hulle liga bepalings.
Weens die wedstryd reëls wat anders daarna uitsien as die normale reëls het dit veroorsaak dat Nigel voor die afskop op 6 punte begin het teenoor Meyerton se 24 punte.
Hierdie reël is in plek na die finale in die 2024 President Liga die posisies bepaal het watter spanne met ‘n spesifieke voorsprong kan begin al dan nie.

Met die verskil in punte aan die begin moet die een span egter heeltyd opvang rugby speel.
Met dit in ag geneem het Nigel eerstes sy wedstryd teen Meyerton verloor.
Meyerton het ook beter by die nat veld en weersomstandighede aangepas.
Die eindtelling was: Nigel 39 – Meyerton 56.

Nigel se tweede span het Meyerton se tweedes 26-21 gewen
Nigel se eerste span puntemakes was: Drieë: Siyanda Mathenjwa, Lwazi Jamani, Brian Phiri, Steven Kok en Pierre Labuschagne. Doelskoppe: Steven Kok (4).
Nigel speel hul volgende wedstryd teen Springs of VUT.



