Sport

Nigel skop die Peregrine Liga met ‘n wen af

Nigel se volgende wedstryd is op 24 Mei teen Springs Rugbyklub op die John Vorster Stadion in Nigel.

Nigel Rugbyklub het hul Valke Peregrine Liga die naweek met ’n wen teen Benoni Northerns, wat soos Nigel nuwelinge in die liga is, afgeskop.

Dié twee spanne het in 2024 in die eindstryd van die Merlin Liga teen mekaar gespeel, waar Nigel oortuigend as wenners vanaf die veld gestap het.

Nigel het Saterdag van die veld afgestap met ’n 36-26 oorwinning.

Nigel voer ‘n plettervat uit.

Die tempo en intensiteit is ’n groot stap van die Merlin Liga na die Peregrine Liga, en beide spanne sal vinnig moet aanpas om te verseker dat hulle in die Peregrine Liga kan kompeteer.

Nigel se eerste span het vyf drieë gedruk.

Die res van die punte is met die skopskoen aangeteken, met vier drieë wat verdoel is, sowel as ’n strafdoel.

Nigel het gebruiklike hardloop rugby gespeel.

Nigel se drieëdrukkers was Nkosi Mhlaba (1), Jopa Mulomba (1), Pierre Labuschagne (1), Ross Thlako (1) en Tebza Madigoe (1).

Die speler van die wedstryd was Lwazi Jamani.

Nigel Rugbyklub tweede span het op hulle beurt vir Benoni met 17-7 geklop.

Nigel se tweede span is op die aanval.

Die tweedes het gewys dat 2024 se Merlin finaal verlies nie meer by hulle spook nie, en dat hulle nou vorentoe kan kyk met nuwe verwagtinge vir die res van die seisoen.

Nigel het drie drieë gedruk, met een suksesvolle doelskop.

Die drieëdrukkers was Leo Vermeulen (1), Mpho Ndevu (1) en Sonwabise Kama (1).
Mpho Ndevu is aangewys as die speler van die wedstryd.

Lwazi Jamani spring in die lynstaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button