Nigel Rugbyklub het swaar geleef teen Brakpan in hul Valke Peregrine kragmeting
Brakpan se verdediging was baie goed en dit het op talle kere oorgegaan in aanval geleenthede.
Nigel Rugbyklub het op 7 Junie teen Brakpan Rugbyklub in die Valke Peregrine Liga te staan gekom op die John Vorster Stadion.
Nigel is een van die nuwelinge in die liga terwyl Brakpan al gesout is.
Brakpan het ‘n weghol 63 – 10 oorwinning behaal.

Terwyl die wedstrydtelling ‘n groot gaping wys, kan daar ook bygesê word dat Nigel baie in die wedstryde leer.
Daar was wel baie tye dat Nigel op Brakpan se doellyn in die tweede helfte geboer het maar kon net nie daarin geslaag het om die doellyn oor te steek nie.
Brakpan se verdediging was baie goed en dit het talle kere oorgegaan in aanval geleenthede.

Nigel was alreeds rustyd 42 – 3 agter.
Brakpan het nege drieë gedruk en nege doelskoppe teen een drie, een doelskop en een strafdoel vir Nigel.
Die tuisspan se punte was ‘n drie was deur Siyanda Mathenhwa gedruk terwyl Sebastian Sekoto die drie verdoel het asook die strafdoel.

Nigel se man van die wedstryd was Graig Pienaar.
Die tweedespan van Nigel het swaar geleef teen Brakpan se tweedes met ‘n eindtelling van 50 – 14.
Brakpan het agt drieë gedruk en vyf doelskoppe oorgeskop.

Die tuisspan se 14 punte was twee drieë en twee doelskoppe.
TK Mdhulie en Handerik Deyzel het elkeen ‘n drie gedruk. Deyzel het ook twee doelskoppe oorgeklits.
Nigel se man van die wedstryd was Leo Vermeulen.






