Sport

Volkie-karatekas wys hul staal en verwerf SA-kleure

Die jong karatekas het goedvoor berei en die vrugte van hul toewyding gepluk.

Verskeie karatekas van Laer Volkskool het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem en uitstekend gevaar.

Henco Stanz, Erik Badenhorst en Thys Greyvensteyn het aan die Afrika Beker/Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem.

Henco het ’n eerste plek in kata en ’n derde plek in kumite behaal.

Erik Badenhorst in aksie.

Erik het in sy afdeling ’n eerste plek in kata verower, terwyl Thys Greyvensteyn op sy beurt ’n derde plek in kumite behaal het.

Al drie leerders het hulle nasionale kleure verwerf.

Thys Greyvenstein wys hoe om te staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button